En toe Hy verbygaan, sien Hy ?n man wat blind was van sy geboorte af. En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.? (Joh. 9:1 ? 3)
Hoekom vra die dissipels die vraag? By hulle was daar geen twyfel dat iemand ongehoorsaam was nie. Dit is hoe dit tot nou verstaan was.
Regdeur die Woord is daar ?n verband tussen siekte en ongehoorsaamheid, asook genesing en gehoorsaamheid bv.:
?Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal...? (Deut. 28:15)
?My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ?n genesing vir hulle hele liggaam. (Spr. 4:20 ? 22)
?My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, dan sal jy genade vind en ?n goeie insig in die oë van God en die mense. Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.? (Spr. 3:1 ? 8)
?En hulle het ?n verlamde man wat op ?n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.? (Matt. 9:2)
?Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.? (Jak. 5:14 ? 15)
?Hy het nie gesondig nie... maar die werke van God moet in hom openbaar word.?
Joh. 9:1 ? 3 moet in die konteks van Joh. 7:1 ? 52 en 8:12 ? 9:41 gelees word. Die blinde man se genesing vorm deel van ?n groter narratief en kan nie uit konteks gelees word nie.
As Joh. 9:1 ? 3 in die breër konteks van van Joh. 7:1 ? 9:41 gelees word, sal ons sien dat die ?werke van God? wat in Jesus geopenbaar moes word spesifiek verwys na die wonderwerke wat Jesus moes doen sodat die mense Hom kon herken het as die Messias.
In Johannes 7 gebeur die volgende:
Jesus is in Jerusalem gedurende die Fees van Hutte. (Joh. 7:2)
Onder die mense onstaan daar ?n debat oor wie Jesus is. Party mense sê Hy is die Messias, ander het geglo Hy is ?n profeet en ander het hom gesien as ?n moeilikheidmaker.
?Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet. Ander het gesê: Hy is die Christus... Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom. En sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar niemand het die hand aan Hom geslaan nie.? (Joh. 7:40 ? 44)
In Johannes 7 bevestig Jesus eintlik aan die wat glo dat Hy die Messias is, en dat hulle reg glo.
?...het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. (Joh. 7:37 ? 38)
In Johannes 8 gebeur die volgende:
Jesus redeneer in die Tempel met die Fariseërs en Skrifgeleerdes.
Hulle is die geestelike leiers van die tyd en moes eintlik Jesus as die Messias herken het. Inteendeel, hulle het die mense geleer waarna hulle moes kyk om die Messias te kon herken.
Jesus bevestig weer aan die Fariseërs en Skrifgeleerdes dat Hy die Messias is.
?En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.? (Joh. 8:12 ? 13)
?En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê.? (Joh. 8:23 ? 25)
?Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie. En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.? (Joh. 8:27 ? 28)
?Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.? (Joh. 8:56 ? 58)
Maar die Fariseërs en Skrifgeleerdes wil hom nie glo nie. Hulle herken hom nie as die Messias nie. Inteendeel, hulle vind dit wat Hy gesê het godslasterlik en wil hom stenig.
Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.? (Joh. 8:13)
?Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek. Hulle het toe klippe opgetel om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.? (Joh. 8:57 ? 59)
In Johannes 9 gebeur die volgende:
Jesus gaan uit die Tempel en loop die blinde man raak. Hy smeer modder aan die man se oë en beveel die man om homself in die bad van Silóam te gaan bad. Die man het dit gedoen en is genees van sy blindheid. (Joh. 9:1 ? 7)
Die man word dan na die Fariseërs gebring nadat hy genees is. Daar is weereens ?n debat onder die mense oor wie Jesus is, of Hy die Messias is of nie. Die Fariseërs vra dan aan die man wie hy dink Jesus is. Die man herken aan hulle dat hy dink Jesus is die Messias.
?Hulle bring hom na die Fariseërs?die man wat vroeër blind was... Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is ?n profeet.? (Joh. 9:13 ? 17)
?Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ?n sondaar is. En hy antwoord en sê: Of Hy ?n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.? (Joh. 9:24 ? 25)
?Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen! En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy. Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ?n blindgebore mens geopen het nie. As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.? (Joh. 9:30 ? 33)
Die Fariseërs raak kwaad vir die man en jaag hom ook uit die Tempel uit. (Joh. 9:34)
Jesus hoor dat die Fariseërs die man uit die Tempel geban het en gaan dan na die man. Jesus vra die man of die man glo dat Hy die Messias is. Die man herken aan Jesus dat Hy die Messias is.
?Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God? Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo? En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy. Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.? (Joh. 9:35 ? 38)
In hierdie drie hoofstukke word die debat beskryf wat onder die Jode onstaan het oor wie Jesus is. Of Hy die Messias is of nie?
Die blinde man in Joh. 9 word dan met die geestelike leiers en skrifgeleerdes gekonstrasteer, en sy blindheid word in ?n mate simbolies van hulle blindheid.
?n Blinde man, wat nie ?n kenner van die Woord is nie, word deur Jesus gesond gemaak en herken Jesus as die Messias, maar die skrifgeleerdes en geestelike leiers wat die Woord geken het, is ?blind? in terme van wie Jesus is.
?En Jesus sê: Tot ?n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word. En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind? Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.? (Joh. 9:39 ? 41)
Hoe word Jesus se Messiaskap deur die genesing van ?n blinde man geopenbaar?In Jesus se tyd was daar ?n algemene verstaan dat die Messias baie tekens sou doen, onder andere om blinde mense te genees:
?Maar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?? (Jon. 8:31)
?En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ?n ander een verwag? En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.? (Luk. 7:20 ? 22)
Die geestelike leiers en skrifgeleerdes wat die mense geleer het wat hulle moet verwag van die beloofde Messias, was ?blind? omdat hulle nie hulle eie lering in Jesus se dade kon herken nie.
?...?n man wat blind was van sy geboorte...?
Belangrik om raak te lees dat die man ook blind was van geboorte af.
Daar is ?n magdom redes wat kon veroorsaak het dat hy blind gebore is wat nie noodwendig met ?siekte? te doen het nie.
Beserings, gebrekke & psigosomatiese siektes
Ons moet verstaan dat met moderne mediese wetenskap ons verstaan van siekte baie verder gevorder is as in die tyd van die dissipels.
Ons moet versigtig wees om nie hedendaagse mediese terme in te lees in die Bybel se gebruik van ?mediese terme? nie.
Ons moet ook volwasse genoeg wees om onderskeid te tref tussen beserings, gebreke en psigosomatiese siektes.
Die Bybel, aan die ander kant, maak nie so ?n onderskeid nie! Die Bybel praat van genesing. So die gedeelte gaan nie daaroor of daar 'n verband tussen ongehoorsaamheid (sonde) en siekte is nie. Maar dat die wonderwerk van die genesing van blindheid moes dien dat die mense die Seun van God as Messias moes herken. Hierna volg nog baie verse van ...jou sonde is jou vergewe ....staan op en loop of jy is genees ...maar moet nie meer sondig nie!